kate_30th_getty_rz
Het jy gehoor?

Nuwe foto’s van ‘n swanger Kate in ‘n bikini ontstel paleis

Dis natuurlik die foto’s waarvoor die wêreld gewag het . . . die eerste foto’s waarin Kate Middleton se swanger magie duidelik gesien kan word. Maar tydens hul ‘babymoon’ op die Karibiese eiland, Mustique, het steelfotograwe wéér hul lang lense op die bekende paartjie gerig. Kate is nou sowat vier maande swanger.

Die Italiaanse tydskrif, Chi, het die foto’s opgeraap en op hul voorblad gepubliseer. Dié tydskrif was ook die eerste om die opspraakwekkende kaalbors-foto’s wat verlede jaar van Kate tydens hul private wegbreek in die Franse platteland geneem is, te publiseer. Volgens die woordvoerder van St.James-paleis is hulle “teleurgesteld” dat hul privaatheid so geskend is. Ná bewering het uitgewers in Amerika, Frankryk en Duitsland ook reeds die foto’s aangekoop. Maar die redakteur kap terug deur te sê dat die paartjie op ‘n openbare strand tussen vakansiegangers verskyn.

Dis onseker of die steelfotograaf self op die eiland was en of dit vanaf ‘n boot in die baai geneem is.

Dit herinner aan die 1982-steelfoto’s wat ook van Prinses Diana in haar bikini geneem is terwyl sy swanger was met Prins William. Sy het tydens ‘n hoëspoed-jaagtog met die paparazzi in die Franse hoofstad, Parys, verongeluk.

HOE VOEL JY HIEROOR?

  • antjie

    los die arme vrou uit sodat sy haar swangerskap kan geniet..hulle is mense net soos ons.

  • mariette

    weet ne dit maak my so siek as die bleddie paleis so uptide kan wees oor n blerrie fototjie van kate of enige iemand anders. Moenie vir my se koningin elizabeth maak nooit foute of drink skelm of enige iets nie. Chill asb paleis los die verdomde mense uit en wat is nou so erg aan kate wat nou met haar swangerlyf in n bikini is sy het n mooi lyf daarvoor en agv die uptide v d paleis het onse wyle prinses diana nie n wonderlike lewe gehad nie als was di moets en moenies.

  • Ernestine Frick

    Ek dink `n bikini-foto van swanger Kate kan baie mooi wees. Wonder of ons dit te siene gaan kry.

  • Belinda du Plessis

    ag flip…. Los die girl uit

  • Wendy Cox

    ai die arme vrou kan die steel fotograwe haar nie maar uit los
    nie ek is seker sy het pragtig gelyk in daai bikini sy is mos maar ook mens op daai pragtige eiland en nie eers n tan kan vang nie arme kate ..

  • Elsabe Brink

    Dit maak mens sommer baie vies, kan die mense nie besef sy is n getroude vrou, met n man wat baie lief is vir haar nie. Sy mag in n bikini verskyn, sy het niks om weg te steek nie. Nou maak almal asof dit n sonde is. Die arme vrou weet seker nie meer watter kand toe nie. Gee haar bietjie privaatheid, ek dink sy verdien dit.

  • cecilia

    Daar moet n wet uitgebring word wat jou verbied om jou op n lang afstand af te neem,asook steel fotos te neem,veral van die konings wie se lewe privaat moet wees.Dit moet gerespekteer word.Fotograwe kan nie maak wat hulle wil nie en weg kom daarmee nie,fotos verkoop en n besigheid daarmee bedryf nie deur dit die wereld in te stuur nie!

    Dis laag en gemeen.Dit maak inbreek op mense se private lewens.Daar moet n stokkie voor gesteek word! Princes Dianne het haar lewe verloor agv hierdie selfde probleem.Dit stop nie.Dit gaan maar net aan en aan.
    Paparazzi dink hulle besit die wereld.Bewys hulle asseblief tog verkeerd!

  • Marly

    Storm in a teacup – meeste mense het groter mage as sy, al verwag hulle nie!
    Hulle moet wel nou nie weer die fotograwe die skuld gee nie. Hulle behoort by nou van beter te weet.

  • anita

    Dis hulle private tyd wat di steelfotogrwe binnedring. Sys pragtig en gedra haar altyd perfek. Wie wil nou met vakansie wees en toegeknoop wees tot onder haar nek? Neewat gee hulle dan iets om na te kyk.a

  • Ria Sheehan

    Hulle is na alles net mense en om heeltyd te moet oppas wat hul sê en doen kan nie lekker wees nie. Die klomp orige (skuus my taal) Italianers moet hul nou regtig uitlos!! Genade…

  • Judy

    Dit is baie nice om die bababoepie te sien en te sien hoe ontspanne hulle loop op die strand maar ek dink hulle privaatheid is geskend. Dit is tog ‘n privaat vakansie en nie ‘n openbare optrede nie. Ek kry hulle uit my hart jammer dat hulle geen privaatheid het nie.

  • Tarien

    Ag nee asseblief, los die arme vrou uit!!!! Moet sy nou soos ‘n non aantrek op ‘n eilandvakansie omdat sy swanger is, sy het ‘n mooi lyf en ek glo sy is een van die gelukkige vroue wat mooi swanger is….hoekom dan dit wegsteek.

  • Anet

    Sy weet sy gaan afgeneem word dit is hoekom sy dit doen as sy nie haar les geleer het die 1st keer nie, wil sy dit nie leer nie. Sy hou van aandag nes Diana ook daaran gehou het en dit het uit eindelik haar lewe gekos!