Het jy gehoor?

Nuwe gesigte in die Laan

Johan en Annette se karakters kom dinge in Hillside bietjie deurmekaar krap. Hulle speel die rolle van ‘n verloofde paartjie wat ou wonde kom oopkrap – en een Laner se lewe vir ewig verander.

Die veelsydige Annette is ‘n danser, choreograaf, skrywer, regisseur en aktrise wat onder meer te sien was in televisieproduksies soos Vleuels, The Game en The Philanthropist.

Johan het naam gemaak as sanger in TRUK se opera-departement en as akteur in produksies soos Egoli, Binneland en Getroud met rugby. Hy is ook ‘n pastoor.

Merk nou al jou dagboek by 10 Oktober, wanneer hulle die eerste keer in die Laan gesien sal word.  

[box:full:grey:both]

Kyk hoe het hulle 23 jaar gelede gelyk in Vleuels 2

[/box]

Annette Hartmann en Johan Scholtz

Volg SARIE op Twitter en Facebook

  • leoni

    kan nie wag nie. Johan is baie sexy! Iets om na uit te sien. Die laan het beslis nuwe bloed nodig

  • Katrien Bruwer

    Dit kan net interessant raak. Is altyd verfrissend om ‘n slag van ons ou, geliefde akteurs in ‘n storie te kry.

  • Ina

    Julle het vergeet om Hartland te noem, waarin Johan ‘n baie prominente rol speel. Hy sal welkom wees in die Laan net solank hy nie daai kuif dra wat hy in Binneland gedra het nie, groot asseblief!

  • Christelle van Staden

    Ag dis nou ‘n lekkerte om na uit te sien! Kan nie wag nie – was mal oor albei hierdie akteurs!

  • gerhard

    ek hoop hy gaan ou nevile vervang met sy hang gesig