Leandie du Randt  FOTO: Elmari de Vos

Leandie du Randt FOTO: Elmari de Vos

Het jy gehoor?

Afrikaanse aktrise Leandie du Randt ding mee om die Strictly Come Dancing-kroon

Hierdie jaar gaan aktrise Leandie du Randt hard probeer om stof in mede-bekendes se oë te dans wanneer sy meeding vir die Strictly Come Dancing-kroon.

Die sewende reeks van dié werklikheidsprogram is gisteraand bekendgestel en dit beloof om baie opwindend te wees! Daar is nuwe aanbieders – Expresso se Katlego Maboe en Roxy Burger vervang komediant Marc Lottering en radio-persoonlikheid Pabi Moloi – én interessante deelnemers soos Leandie, Top Billing-aanbieder Jonathan Boynton-Lee en die oud-rugbyspeler John Mametsa.

Boekuittreksel uit Leandie du Randt se eerste boek

“Dis amptelik – Strictly Come Dancing hier kom ek,” het Leandie op Twitter gedeel. Sy dans saam met die professionele danser Brandon Eilers Le Riche. Sy het ook vroeër die maand dié foto’s van haarself in ’n dansateljee op Instagram gedeel en gesê sy maak reg om te dans.

Katlego Maboe praat oor sy ouma

Ander bekendes wat vanjaar deelneem aan die kompetisie is sangeres LeAnne Dlamini, aktrise Boity Thulo, Khanyi Mbau, renjaer Janine Davies, komediante Siv Ngesi en Jonathan Goliath, asook Isidingo-ster Ashish Gangapersad (Prada Naicker).

Roxy het nie die geleentheid bygewoon nie, aangesien sy steeds op haar wittebrood in Frankryk is. Kyk hier na foto’s van haar wittebrood.

SABC 3 het dié foto van al die finaliste op Instagram gedeel.

Aktrise Rolanda Marais was verlede jaar een van die finaliste op dié program, maar Zakeeya Patel, ook ’n aktrise, het toe met die louere weggestap.

Strictly Come Dancing wys vanaf 18 Julie elke Vrydag om 20:00 op SABC 3.