greys
Het jy gehoor?

Nuwe seisoen van Grey’s Anatomy terug op TV

Dis ‘n maak-of-breek-jaar vir die dokters van Grey’s Anatomy. Meredith moet die gevolge dra nadat sy met Derek se Alzheimer-navorsingsprojek gepeuter het. ‘n Enorme sinkgat in die middel van Seattle sorg vir gróót drama en beproef veral vir April, wat haar skoene as hoof van die dokters wil vol staan. Cristina en Owen het steeds gemengde gevoelens oor hul ongebore baba.

Grey’s Anatomy – seisoen 8 – is van Maandag 16 Januarie om 19:30 op M-Net te sien.

Hier’s ‘n voorsmakie