leanne manas
Het jy gehoor?

Nuwe haarstyl vir Morning Live se Leanne Manas

Leanne Manas, aanbieder van Morning Live op SABC2, het ’n klein verandering aan haar haarstyl gebring, maar dit maak ’n reuse-verskil.

Die TV-aanbieder dra gewoonlik haar lang, donker hare sonder ’n kuif. Nou spog sy deesdae met ’n reguit kuif wat bo haar wenkbroue hang.

Kies die regte haarpaadjie by jou gesig

Ons is mal oor dié nuwe haarstyl wat Leanne sag en jonk laat lyk.

Hou jy van Leanne Manas se nuwe kuif? Hier is sy by prof. Tim Noakes. FOTO: Twitter

Hou jy van Leanne Manas se nuwe kuif? Hier is sy by prof. Tim Noakes. FOTO: Twitter

Angelique Gerber en Corine du Toit het ook onlangs met ’n nuwe voorkoms die haarkapper verlaat.

Só het Leanne se hare eers gelyk.

Leanne Manas saam met Zoleka Mandela. FOTO: Twitter

Leanne Manas saam met Zoleka Mandela. FOTO: Twitter

WAT DINK JY? LYK LEANNE MOOIER MET OF SONDER HAAR KUIF? Los kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!