FOTO Instagram

FOTO Instagram

Het jy gehoor?

Nuwe haarstyle: Beyoncé, Kylie Jenner én Lupita Nyong’o

Dis ’n nuwe seisoen en tyd vir ’n nuwe kapsel! 

Een van die lekker dinge van vrouwees is dat jy met jou voorkoms kan speel. Die glanspersoonlikhede Beyoncé, Kylie Jenner én Lupita Nyong’o het almal hul hare verander.

E! Online berig dat die verjaardag-meisie Beyoncé met ’n kuif op haar webtuiste spog. Die Crazy In Love-sangeres word vandag 34.

FOTO: Webtuiste beyonce.com

FOTO: Webtuiste beyonce.com

Kylie Jenner is ’n ware verkleurmannetjie, maar dié keer is dit nie ’n pruik nie. Volgens Huffington Post het die realiteitster haar hare blond gekleur.

“Ek het vir maande nie my hare gekleur nie en pruike gedra om my hare weer in ’n gesonde toestand te kry,” het sy onder dié foto geskryf wat sy op Instagram gedeel het.

A photo posted by King Kylie (@kyliejenner) on

Kylie is geneig om dinge ’n stappie verder te vat. Die 18-jarige het ook haar wenkbroue ligter gekleur. 

A photo posted by King Kylie (@kyliejenner) on

Die Oscar-bekroonde aktrise Lupita Nyong’o, wat gewoonlik haar hare kort en natuurlik dra, het nou lang vlegsels.

Bronne: US Weekly, E! Online en Huffington Post

Lees ook