Het jy gehoor?

Nuwe Hollywood-realiteitsprogram word in Kaapstad geskiet!


Die program gaan eintlik oor die wel en wee van 4 lieflike Amerikaanse vroue in ons Moederstad. Hulle woon in een van daai spoghuise teen die berghang bo Clifton en as hulle nie op die strand of in glansplekke rondhang nie, werk hulle by ‘n bemarkingsmaatskappy in Kaapstad. Saam met 3 lieflike SA vroue.

Die realiteitsprogram is die geesteskind van Quinton van der Burgh van Burgh Group Holdings. Dis geskoei op die bekende Amerikaanse reekse Laguna Beach en The Hills. Hisham Abed, regisseur van dié treffers, lei die regie van Clifton Shores saam met Christopher Roland. Clive Morris Productions, ’n Suid-Afrikaanse onderneming, is die produksiemaatskappy.

Quinton sê Clifton Shores is wonderlike blootstelling vir Kaapstad en die idee is om Suid-Afrika as handelsnaam wêreldwyd te bemark.

Hulle is tans besig om in en om Kaapstad te skiet en die eerste seisoen behoort teen einde April klaar verfilm te wees.

  • PMcAyl wslzksfexwsb, [url=http://iejyexgoakhe.com/]iejyexgoakhe[/url], [link=http://jeoboyejviej.com/]jeoboyejviej[/link], http://jngfvrvtvozc.com/

  • kusopitlu

    gvYjjG doctapdvfshp, [url=http://onxnlnvfpqry.com/]onxnlnvfpqry[/url], [link=http://ifglmlgdephq.com/]ifglmlgdephq[/link], http://shtjcebakppp.com/