Kelly Clarkson en River Rose verlede jaar op die voorblad van Redbook

Kelly Clarkson en River Rose verlede jaar op die voorblad van Redbook

Het jy gehoor?

Nuwe Hollywood-trend: bekendes soos Kelly Clarkson vier hul ‘onvolmaaktheid’

Hollywood plaas nog altyd baie druk op vroue om ’n sekere manier te lyk, en gewoonlik aanvaar Evas dit maar, wat ook al die kritici sê. Gelukkig word dié neiging nou omgekeer, met bekendes soos Kelly Clarkson wat hul “onvolmaaktheid” vier, berig Huffington Post.

Die sangerers is op die voorblad van die Mei-uitgawe van Redbook en het aan die tydskrif gesê dat sy nie oor haar gewig tob nie: “Ek is nie obsessief oor my gewig nie, dis dalk een van die redes is waarom ander so ‘n groot probleem daarmee het.”

Kelly Clarkson

Kelly se dogter, River Rose, is verlede jaar in Junie gebore. Sy vergelyk haarself nie met ander ma’s in Hollywood nie: “Party mense is maer gebore met ’n wonderlike metabolisme. Ek is nie een van dié mense nie.”

Kelly Clarkson

“Ek wens my metabolisme was vinniger. Maar ander wens seker hulle kon by ’n vertrek instap en almal bevriend, soos ek kan. Jy wil altyd hê wat jy nie kan kry nie,” het sy bygevoeg.

Die Stronger-sangers beskryf nie haar man, Brandon Blackstock, as haar “ander helfte” nie, want “hy is heel en ek is heel” verduidelik sy. Tog sit sy hul verhouding eerste: “Ek noem dit die oxygen-mask mentality – hier plaas jy jouself eerste.”

Nog ’n bekende vier haar ‘onvolmaaktheid’

Alhoewel John Legend se vrou, die model Chrissy Teigen, altyd eksieperfeksie lyk wanneer sy afgeneem word, het sy die foto hier onder van haar rekmerke op sosiale media gedeel, net om te wys hoe gemaklik sy in haar eie lyf is.

chrissie

 

FOTO: Instagram chrissyteigen

FOTO: Instagram chrissyteigen

Lees ook