FOTO: Mario Testino

FOTO: Mario Testino

Het jy gehoor?

Nuwe inligting oor Diana se dood

Die wêreld gons oor die feit dat die Britse polisie Diana se dood weer ondersoek.

Dit was een van daardie dae in die geskiedenis wat min mense sal vergeet. 31 Augustus 1997 – die dag waarop Diana, die prinses van Wallis, oorlede is.

Nou het die Britse polisie nuwe inligting gekry wat daarop wys dat Diana, haar kêrel Dodi al-Fayed, en hul motorbestuurder, Henri Paul, se motorongeluk wat haar dood veroorsaak het, dalk nie ‘n ongeluk was nie.

Die ouma wat prins George nooit gaan ken nie …

Die voormalige skoonouers van `n Britse oudsoldaat beweer dat daar dalk meer agter Diana se ongeluk skuil as wat ons dink. Volgens hulle kon hulle in `n paar ‘interessante gesprekke’ met dié soldaat agterkom dat alles nie pluis is nie. Die Britse polisie ondersoek die feit dat Diana dalk deur `n lid van die Britse weermag vermoor is.

“Die Metropolitaanse polisiediens ondersoek die inligting wat onlangs in verband met die sterftes ontvang is en ontleed die tersaaklikheid en geloofwaardigheid daarvan,” het Scotland Yard in `n verklaring gesê. Blykbaar sal beamptes in die eenheid vir gespesialiseerde misdaad dié ontleding doen.

 Prins William, sy broer Harry en hul pa, prins Charles, wou glad nie op dié bewerings kommentaar lewer nie. Die Britse departement van verdediging wou ook nie iets oor dié bewerings sê nie.

Die fliek …

Intussen wag die wêreld vir die bekendstelling van Diana – ‘n biografiese film oor die laaste maande van Diana se lewe. Naomi Watts speel Diana. Sy het in ‘n onderhoud met Daily Mail gesê dat sy groot druk gevoel het om dié ikoniese figuur te speel.

VIDEO: Prins Charles en prinses Diana wys William vir die eerste keer

“Daar was definitief oomblikke wat ek Diana se teenwoordigheid kon voel – ek het ook baie oor haar begin droom,” sê Naomi. “Ek het myself die heeltyd afgevra, ‘sou sy hiervan gehou het?'”

“Daar was een spesifieke oomblik wat ek gevoel het asof sy haar toestemming gee – ek weet dit klink vreemd…”

FOTO: Só lyk Naomi as Diana

HIERONDER is die lokprent vir dié film: