Het jy gehoor?

Nuwe komediereeks oor Parys!

Die 13 halfuur-lange episodes word elke Maandagaand om 20:00 op kykNET uitgesaai.
Volgens ’n persverklaring van Stark Films is Parys Parys ’n “aweregse Afrikaanse gesinskomedie”.
“In hierdie reeks, geskets teen die agtergrond van die prentjiemooi Vrystaatse juweel, Parys, deel ’n gewone Afrikaanse gesin hul daaglikse beproewinge en uitdagings met die kyker met net soveel woema as waarmee hul voorouers oor die Drakensberg gedrafstap het,” lui die persverklaring.

Die gesin, die Kleynhanse bestaan uit pa Jan (Hannes Muller), ma Elsa (Esther von Waltsleben), hul seun, JJ (Neil Sharim) en dogter, Francoise (Lize-Marie Robertson) en dan is daar ook nog Elsa se “nikswerd broer” Kleinkoos (André Weidemann) en oom Tjoppie (Johan van der Merwe), die alomteenwoordige buurman.

Laat weet ons wat jy van die reeks dink!

*In die volgende episode (Maandag 23 Julie), probeer Elsa iets doen aan Jan se snorkery, JJ hang nat biltong in sy kamer op en sy vegetariër-sussie wil uittrek.

  • Evette

    Nee wat!!! Oupa en Ouma sit op die stoep was 100000 keer beter as die nuwe "komedie" reeks.
    Als is so dubbelsinnig…

  • katverster

    Evette
    Ek dink jy verstaan nie