op die spel
Het jy gehoor?

Nuwe kykNET-reeks soek SA se spel-kampioen

Professioneel of proffessioneel? Franschhoek of Franschoek, en hoeveel d’s en l’e het onmiddellik? As dié woorde jou nie skrikmaak nie, dan is die nuwe kykNET-reeks Op die spel net vir jou! 

Vir vier deelnemers is daar elke week geld en prestige “op die spel” – en ná 13 weke sal die algehele kampioen gekroon word.

JacarandaFM se Rian van Heerden is die aanbieder van dié program, wat ook poog om algemene kennis, idiome en kreatiwiteit te toets – alles in Afrikaans.

Indien jy die onderstaande vrae kan beantwoord, is jy die regte persoon om aan Op die Spel deel te neem:

  1. “Kies die regte een: onmidellik, onmiddellik of onmiddelik?”
  2. “Wat is Nelson Mandela se tweede naam … en spel dit.”
  3. “As Malema opstaan in die parlement, weet ons die _____ is in die vuur.”

Besoek www.beterafrikaans.co.za om te registreer.

op die spel

Lees nou