Gwen Stefani. Foto: Jason Merrit/Getty Images

Gwen Stefani. Foto: Jason Merrit/Getty Images

Het jy gehoor?

Nuwe liefde vir Gwen Stefani?

Slegs etlike weke ná Gwen Stefani aangekondig het dat sy gaan skei, is daar reeds gerugte dat sy en haar mede-aanbieder op The Voice, die sanger Blake Shelton, ’n paartjie is, berig Hello!.

Gwen en Blake, wat ook besig is om te skei, het na bewering op mekaar se skouers gehuil ná hul huwelike verbrokkel het en het toe verlief geraak. ’n Bron op die stel van The Voice het aan Life & Style gesê die twee is baie danig met mekaar, veral noudat albei enkellopend is.

Blake was vir tien jaar met die country-sangeres Miranda Lambert getroud.

Bronne: Hello! en Life & Style

Lees ook