Kate Hudson FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Kate Hudson FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Het jy gehoor?

Nuwe liefde vir Kate Hudson?

Slegs weke ná gerugte dat die aktrise Kate Hudson romanties verbind is met die sanger Nick Jonas, het ’n foto van haar en haar agent, Michael Kives, wat hand aan hand ’n New York-klub verlaat, die skindertonge wéér los, berig People.

Hulle het die première van Kate se nuutste fliek, Rock the Kasbah, bygewoon en daarna ’n partytjie by die klub bygewoon.

Dit is nie die eerste keer dat daar bespiegel word dat die twee dalk meer as ’n professionele verhouding het nie. Kate het twee maande gelede dié foto waarin Michael se hande om haar middel is, op Instagram gedeel.

A photo posted by Kate Hudson (@katehudson) on

Kate het verlede jaar haar verlowing met die musikant Matthew Bellamy verbreek. Hul seun, Bingham, is uit dié verhouding gebore.

Kate het twee seuns, Ryder (11) uit haar huwelik met die sanger Chris Robinson, en Bingham (4). 

Lees ook