FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Nuwe liefde vir Sandra Bullock

Die Oscar-bekroonde aktrise Sandra Bullock het glo nuwe liefde gevind. Sy en die fotograaf en model Bryan Randall is nou ’n paartjie, ná gemeenskaplike vriende hulle aan mekaar voorgestel het, berig Hello!

FOTO: Facebook  Bryan Randall

FOTO: Facebook Bryan Randall

Alhoewel hulle nog net ’n paar maande uitgaan, het Bryan vir Sandra na Jennifer Aniston en Justin Theroux se troue vergesel. Ander gaste het gesê dat hulle baie liefdevol teenoor mekaar was.

Volgens People het Bryan al sy lyf model gehou vir Yves Saint Laurent en Harper’s Bazaar.

Sandra en die TV-persoonlikheid Jesse James is in 2010 geskei. Haar aangenome seun, Louis, is 5 jaar oud.

Die 51-jarige Gravity-aktrise droom glo van ’n “huis vol kinders”.

Bronne: Hello! en People

Lees ook