FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

Nuwe liefde vir Sean Penn?

Ons het verlede maand berig dat Sean Penn en Charlize Theron hul verlowing verbreek het. Nou vra E!Online of die I am Sam-akteur reeds ’n nuwe vrou aan sy arm het. 

Volgens gerugte is hy en die aktrise Minka Kelly nou saam.

Sean en ’n groep vriende het die Friday Night Lights-ster se verjaardag by ’n deftige restaurant, genaamd French Laundry, gevier. Blykbaar het Shaun vir Kelly se ete betaal, wat nog olie op die vuur gegooi het.

A photo posted by Minka Kelly (@minkak) on

Maar Kelly het haar tot Twitter gewend om dit duidelik te maak dat hulle net vriende is.

Bron: E!Online 

Lees nou