FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Nuwe liefde vir Tom Cruise?

Daar is glo ’n nuwe vrou aan die akteur Tom Cruise se sy, en volgens Redbook lyk sy baie soos sy eksvrou, Katie Holmes.

Emily Thomas, ’n 22-jarige produksie-assistent, en die Mission Impossible-akteur was blykbaar baie verlief op die stel van die nuwe riller Mena, waarin Tom speel.

“Jy kan nie die konneksie tussen dié twee miskyk nie, hy vertrou haar,” het ’n bron aan Redbook gesê.

Daily Mail berig dat Tom en Emily se verhouding so gevorderd is dat hy gereed maak om die ja-woord te vra.

Emily is net so oud soos Tom se oudste dogter, Isabella. Tom het drie kinders – Isabella (22) en Connor (20), wat hy en sy eerste vrou, Nicole Kidman, aangeneem het, en Suri (9) uit sy huwelik met Katie Holmes.

Connor en Isabella FOTO: Instagram

Connor en Isabella
FOTO: Instagram

Klik hier om ’n foto van sy nuwe meisie te sien.

Bron: Redbook en Daily Mail

Lees nou