Het jy gehoor?

Nuwe sepie op M-Net

The Wild is ’n Suid-Afrikaanse sepie enig in sy soort,” vertel Maud Nale, die publisiteitsagent vir dié sepie.

Anders as ander plaaslike sepies word The Wild glad nie in ’n ateljee geskiet nie. Dit word op verskillende plekke in en om Johannesburg geskiet, maar hoofsaaklik by ’n vyster-lodge op ’n wildplaas in die omgewing.

Kykers kan uitsien na ’n ongelooflike boeiende storielyn en die werk van ’n ervare produksiespan. Daar is drama, romanse, bitsige karakters en natuurlik so eie aan SA, wilde diere, in die sepie te sien.

Dit is vanaf 4 April om 18:00 op M-Net, kanaal 101 op DStv, te sien. Dit sal vier dae per week, van Maandag tot Donderdag, uitgesaai word.

Die name van al die akteurs in die sepie is nog nie bekend gemaak nie, maar die paartjie Connie en Shona Ferguson speel beslis daarin. Connie was die laaste 16 jaar in Generations en Shona het in onder meer Isidingo en Scandal gespeel.

Connie vertolk die rol van Marang Lebone, ’n moederfiguur met baie geld en mag. Sy en Shona is baie opgewonde oor die produksie, veral omdat daar nog nie so iets op plaaslike televisie gedoen is nie.

Die sepie sal ook die eerste wees wat in HD gekyk kan word.

  • Marie

    Waar kan ek Binneland sien, want ek het nie dstv nie net M-net Moet ons wat duur vir Mnet betaal alweer aan die agterste speen drink. Eers is Hoe dit is met Steve en Leriekeraai van ons weggeneem, en nou weer dit. Swak Swak.

  • elizabeth

    Ag nee skattie en dan hoor ek dat die dierbare mense in die prokureurs kantoor almal hulle werk gaan verloor ek gaan hulle so mis het ook deel van my familie elke aand in my sitkamer geword. En die storie lyn lyk my hoort eerder op TV 1 en TV 2 aai tog wens net die winde van verandering wil tog nou ophou

  • Nina

    Nee man. Ek betaal duur om Binnelanders te kyk. Ek kanselleer sommer my MNET as ek nie kan kyk wat ek graag wil kyk nie. Ek gee nie om wie in die sepie is nie of waar dit gedoen word nie. Eers vat hulle Egoli en nou Binnelanders…

  • Karien Cherry

    Karien sê

    So hartseer oor die verandering van Binnelanders, ek is seker
    baie mense stem saam.

  • rita

    waar gaan binnelanders nou wys , is m net dan nou ook nie meer ‘n regverdige kanaal nie , en ons betaal duur vir die kanale , wat is fout met e tv of die ander 3 kanale, word alles nou weg gevat en ons moet maar betaal nie mnet julle maak nie reg nie

  • Juvan

    Ek het op Binneland Sub Judice gewerk tot einde Februarie, toe opnames van "Sub Judice" gestaak was. As jy dink dis erg om afskeid te neem van karakters wat jy ‘n uur per dag sien, probeer heg saam met die akteurs en tegnici werk vir 12ure elke dag. Dit was soos om van familie afskeid te neem, trane het omtrent gerol na ‘n jaar van baie harde werk.

  • vRHFyb nkhrxkhbzyqt, [url=http://gdegmdaiplel.com/]gdegmdaiplel[/url], [link=http://liwtzvpkablo.com/]liwtzvpkablo[/link], http://jjijffkzlejo.com/

  • qgsxwrvdiie

    HT0kp0 kfqaytpoiiss, [url=http://zdvzvxcgaloo.com/]zdvzvxcgaloo[/url], [link=http://jltrgntvbquj.com/]jltrgntvbquj[/link], http://ymqwylohbrao.com/

  • aumieke

    4u83kB jjmsloqovqes, [url=http://ebbufdgzjmts.com/]ebbufdgzjmts[/url], [link=http://wcgcnaopwlrf.com/]wcgcnaopwlrf[/link], http://skdsufxuhvlm.com/

  • puzkgphvo

    JbKWfR wabrfcpyyfgm, [url=http://vhzicrsjetpp.com/]vhzicrsjetpp[/url], [link=http://ptwjebjkcrav.com/]ptwjebjkcrav[/link], http://xoxcetjuarar.com/

x
LEES NÓG Freshlyground se Zolani hou van haar lyf nes dit is

Zolani Mahola, hoofsanger van die internasionaal bekende Suid-Afrikaanse popgroep Freshlyground, het onlangs prettige foto’s van haar laat neem waarin sy haar liggaam vier nes dit is. Come to me, my melancholy baby Cuddle up and don’t be blue All your fears …

X

Kry jou
SARIE.com-nuus direk


Bly op hoogte van al die inligting wat jóú raak. Ons deel die belangrikste nuus, stories uit die celeb-wêreld, die weer in jou area, lekker en vinnige resepte, nuwe mode- en skoonheidstrends en nuttige wenke om jou lewe makliker te maak - direk per e-pos.

Ons gesels ook oor nuwe musiek, konserte en winkels wat afslag bied.

Die SARIE.com-nuusbriewe gee jou 'n kykie na die SARIE-wêreld wat ook jóú wêreld is. Kies watter jy wil ontvang: