Het jy gehoor?

Nuwe paartjies dié seisoen

Amalia Uys (bo) en Stefan Ludik

Stefan Ludik

Amalia het reeds in die Maart-uitgawe van SARIE oor haar verhouding met die sanger Stefan Ludik gepraat. Hulle kuier steeds saam en gaan nou al bietjie meer as sewe maande uit. Tydens die onderhoud het sy gesê: 

So dit is nog 100% in die verliefde fase. Ek is baie happy. 

Johnny Depp en Amber Heard

Johnny DeppAmber Heard

Dié twee het reeds in 2011 op die stel van The Rum Diary ontmoet. Maar dit was eers in April vanjaar dat hulle saam gesien is. Johnny het met ‘n baie groot romantiese gebaar sy liefde vir dié 27-jarige aktrise getoon. Lees meer daaroor hier.

Leonardo DiCaprio en Toni Garrn

Leonardo Di Caprio

Leonardo was omtrent die haan onder die henne by die Cannes-filmfees. Hy was byna elke aand tussen ’n klomp pragtige modelle in klubs en op die talle seiljag-partytjies. Maar teen die einde van dié fees het een meisie sy aandag getrek – die Duitse Victoria Secrect-model Toni Garrn (foto onder).

Toni Garrn

Maar sy is nie die eerste Victoria Secrect-model met wie hy uitgaan nie. Hy het voorheen met Gisele Bündchen, Bar Refaeli en Erin Heatherton gekuier. Dié man het beslis ‘n ‘tipe’ waarvan hy hou.

Adam Levine en Nina Agdal

Adam Levine en Behati PrinslooNina Agdal

FOTO LINKS: Behati Prinsloo en Adam Levine in gelukkiger dae
FOTO REGS: Adam Levine se nuwe meisie, Nina Agdal

Nog ‘n man wat van model-meisies hou is die Maroon 5-sanger Adam Levine. Hy het lank met die Namibiër Behati Prinsloo uitgegaan en voor dit met nóg ‘n Victoria Secrect-model, Anne Vyalitsyna. Nou is hy op sy derde ‘engel’ – die langbeen Nina Agdal.

Britney Spears en David Lucado

Britney Spears

Dit is Britney se eerste ernstige kêrel nadat sy in Januarie met haar verloofde, Jason Trawick, uitgemaak het. David en Britney is op Valentynsdag die eerste keer saam gesien. David werk by ‘n regsfirma in Los Angeles en is volgens berigte nie ‘n aandagvraat nie. Die feit dat hy nie in die vermaaklikheidsbedryf is nie, doen glo hulle verhouding goed. Hy en Britney se kinders is glo ook gaande oor mekaar.

Bradley Cooper en Suki Waterhouse

Bradley CooperSuki Waterhouse

Dié aantreklike 38-jarige akteur het vroeër ontken het dat hy en sy 22-jarige medester in Silver Linings Playbook, Jennifer Lawrence, romanties verbind is. Hy het dit ten sterkste ontken deur te sê hy is “oud genoeg om haar pa te wees”. Maar nou gaan hy uit met die 21-jarige model Suki Waterhouse. Ons wonder wat het hom van besluit laat verander?

Tiger Woods en Lindsey Vonn 

Lindsey Vonn

Ná Tiger se openbare uitval met sy vrou het almal gewonder wie sy volgende liefde gaan wees. Dié twee het in Maart reeds op Facebook gesê hulle is in ’n verhouding, maar het eers in Mei vir die eerste keer by die Met Bal saam in die openbaar verskyn. Lindsey is ‘n wêreldkampioen-skiër. Die twee atlete het hul gespierde lywe op die strand gewys en doen gereeld buitemuurse aktiwiteite met Tiger se twee seuns, Sam en Charlie.

Zoë Saldana en Marco Perego

Zoe Saldana

Dié besige aktrise is vanjaar by vele projekte betrokke, onder meer Star Trek, Blood Ties, en Avatar 2.  Maar dit het nie beteken sy het nié tyd afgestaan vir ’n bietjie plesier nie. Sy en haar jare lange vriend, die Italiaanse kunstenaar Marco Perego, gaan nou uit. Hulle het vroeër dié maand saam in die openbaar verskyn. Snaaks genoeg lyk Marco baie na Zoë se vorige kêrel, Bradley Cooper.

[box:full:red:both]

En hulle is uit …

Cameron van der Burgh en Jana Botes

Beeld het vanoggend berig die Olimpiese ster Cameron van der Burgh en sy meisie Jana Botes se verhouding het skipbreuk gely. Cameron vlieg volgende week Europa toe om vir sowat drie maande aan swemkompetisies deel te neem. 

[/box]