die_foon_logo_300dpi
Het jy gehoor?

Nuwe realiteitsreeks op kykNET: Die foon

Die konsep is eenvoudig. ’n Foon lui naby jou. Jy tel op en ’n onbekende stem vra: ‘Wil jy R100 000 wen?’ Wel, wil jy?

Die Foon is ’n opwindende nuwe werklikheidsreeks wat vanaf 20 Mei op kykNET te sien is. Dit is reeds uiters gewild in lande soos Holland, Australië en Amerika. Die sanger Justin Timberlake is juis die vervaardiger van die Amerikaanse reeks wat op MTV uitgesaai is.

Twee deelnemers kompeteer met elke episode om binne ’n sekere tyd ’n tas met R100 000 te kry wat in ’n stad in SA versteek is. Deurentyd gee ’n anonieme spelmeester vir die deelnemers take om te doen. Hy gee ook leidrade, maar vir elke leidraad wat die deelnemers kry, word geld van die oorspronklike R100 000 afgetrek. En as jy nie die tas binne drie uur opspoor nie, verloor jy alles. Die frustrasie is hoog en die trane loop.

kykNET het mense gewerf om aan ‘n ‘misterieuse speletjie’ deel te neem waar hulle R100 000 kon wen. Hulle het nie geweet waarvoor hulle hulself inlaat nie. Wanneer hulle die foon antwoord, begin die aksie…  

VIDEO: Justin Timberlake verduidelik die konsep van die speletjie.

VIDEO: Die voorprent van die Amerikaanse reeks.

* Die foon word weekliks om 20:30 uitgesaai.

  • http://kyknet.com DIDEON

    ek het donderdag 20.30 na die die eerste episode van DIE FOON gekyk. dit was werklik goed gedoen. Behalwe op die end harkloop GELDGIERGAT met alles wat die twee van hulle voor gewerk het weg. dit was vlak, en ek blameer die skrywer. Sy het net so hard vir die geld gewerk. Jou laaste kinkel in die kabel Mr die skrywer is ook maar vlak. Ek hoop nie die volgende episodes gaan so opervlakig wees nie. Anders was dit nie te sleg nie. wees maar net regverdig.

  • Deon

    Ek stem saam met Dideon,

    Wat ‘n swak einde, die spelmeester gee ook te veel leidrade weg, laat die deelnemers sukkel en laat hul vashak, die spelspeler kan hul weer kontak en dieselfde leidraad oor en oor deurgee, dit is die spelers se verantwoordelikheid om te dink en te kominikeer.

  • Amanda

    Ek dink Kyknet is besig met ‘n baie gevaarlike speletjie. Dink net hoe maklik kriminele meisies kan ontvoer en verkoop vir seks slawe. Regtig Kyknet – Het julle hierdie spel goed deurdink?

  • naomi

    seker een van die swakste programme ooit op kyknet. dit kom voor asof die mense vooropgestel is. almal het die gemaklikste klere aan vir die aksie wat gaan volg. niemand vra vrae nie, antwoord net die foon en doen wat ‘n vreemde persoon jou voorse. Hoe stupid!

  • Jana

    Ek het die eerste episode van die foon gekyk en ek het gedog dis cool tot ek die einde gesien het dit was baie ontstellend en onregverdig want sy het amper harder aan die hele aksie gewerk as daai simpel ou wat alles vir hom gehou het en ek dink nie ek sal ooit weer die foon kyk nie dis regtig onregverdig en ek hoop daai ou se gewete pla hom erg!