Kokkedoor_logo
Het jy gehoor?

Nuwe reeks van Kokkedoor skop vanaand af

kykNET se gewilde kookprogram Kokkedoor het ons verlede jaar voor die skerms vasgenael gehou en die tweede seisoen skop vanaand af.

Verlede jaar het Kokkedoor talle gunstelinge opgeweler – van die wenpaar Tiaan Langenegger en Mynhardt Joubert tot Tannie Poppie wat ons harte gesteel het. En vanaand skop die tweede seisoen af – sien uit na heerlike kreatiewe én onthoukos en intriges tussen die deelnemers.

Foto’s van Hette op die stel:

IMG_4469 IMG_4467

Terloops, Tannie Poppie het van haar gunsteling-resepte met SARIE KOS gedeel! Kyk daarna HIER.

*Kokkedoor wys Donderdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.

Kry die Kokkedoor-app op jou foon

Jy kan nou ook ’n Kokkedoor wees. Die gewilde kykNET-kosprogram Kokkedoor spog met sy eie app.

Nou kan jy al jou gunstelingresepte met die grootste Afrikaanse kosgemeenskap in Suid-Afrika deel. Die app, ’n gratis produk van Media24 Digitale Tydskrifte, stel jou nie net in staat om jou eie watertandresepte op te laai nie, maar jy kan in ’n oogwink ook na resepidees soek en hulle deel.

Die SARIE KOS-app in jou kombuis – lees hier!

Die app is spesiaal vir slimfone geskep en dit is maklik om lid van die Kokkedoor-gemeenskap te word. Al wat jy moet doen is om die app gratis af te laai in jou app-winkel en jou eie profiel te skep – dan is jy gereed! Nou kan jy met die Kokkedoor-app bekendes, vriende en selfs jou skoonouers met jou kookvernuf beïndruk.

“Die app maak inkopies vir die geregte wat jy wil voorberei ook soveel makliker,” sê Jeanne de Wet, hoof van bemarking by kykNET. “Al wat jy hoef te doen is om die resep te kies wat jy wil voorberei en dan stuur jy van die app via e-pos vir jouself die bestanddele wat jy benodig. Jy sal nooit weer jou inkopielys by die huis vergeet nie!”

Laai vandag nog die Kokkedoor-app vir jou iOS- of Android-gedrewe slimfoon af; dis gratis beskikbaar in jou app-winkel. Nooit weer hoef jy kop te krap oor idees vir aandete nie!

KokkedoorGaan na www.kokkedoor.co.za om jou Kokkedoor-app nou af te laai.