FOTO: Anelia Loubser

FOTO: Anelia Loubser

Het jy gehoor?

Nuwe reeks van ‘Republiek van Zoid Afrika’ op pad

Karen Zoid is terug met die derde reeks van die gewilde Republiek van Zoid Afrika, vanaf 7 Januarie elke Donderdag om 20:30. Sandra Prinsloo en Snotkop is haar eerste gaste vir 2016.  

FOTO: Anelia Loubser

FOTO: Anelia Loubser

Sy het die hele land aan die gons gehad met niks minder nie as 10 nommereen-liedjies op iTunes gedurende die uitsending van die vorige reeks. Die CD met al die musiek uit die reeks het binne 5 weke ná uitsending goud gehaal.

Nou maak almal reg vir die volgende episodes met ster-gaste, fantastiese musiek en nog ‘n rits treffers. Gaste sluit o.a. Emsie Schoeman en Suzelle DYI, adv. Thuli Madonsela, Jan Blohm, Marius Weyers, Claire Johnston, Carike Keuzenkamp, Rolene Strauss, Koos Kombuis en Juanita du Plessis in.

FOTO: Anelia Loubser

FOTO: Anelia Loubser

Die spitsvondige Annemari Ferreira doen weer ‘n paar baie spesiale insetsels met haar Boereraat vir Bands. In ander hoofnuus kry die gewilde panfluitsensasie Marinda Senekal van Holriete-faam haar eie mini-realiteitsprogram: Keeping up with Marinda. Ontmoet haar ma, Muisie Senekal, wat ook haar bestuurder is, en haar effe af suster, Mielie Senekal, wat Karlien van Jaarsveld se grootste fan is en in die geheim besig is ’n plaat van haar eie te maak.

FOTO: Anelia Loubser

FOTO: Anelia Loubser

Besoek www.karenzoid.co.za vir meer inligting of volg haar op Facebook, Twitter en Instagram