wielie walie
Het jy gehoor?

Nuwe SABC-kanaal met programme uit toeka se dae

Die SABC het ’n nuwe TV-kanaal aangekondig: SABC Encore, met plaaslike programme uit die goeie ou dae, soos Agter elke man en Wielie Walie. 

Die nuwe kanaal is vanaf 11 Mei op DStv se kanaal 156 beskikbaar, op weekdae van 17:00 tot 23:00. “Ons het besluit om dié nuwe kanaal te begin omdat ons soveel plaaslike programme in ons argief het. Die meeste van die programme is in die 80’s en 90’s geskep, en ons word oorval met versoeke van mense wat weer dié programme wil kyk,” het die SABC-televisiehoof, Verona Duwarkah, aangekondig.

Die SABC het ’n vyfjaar-kontrak met MultiChoice aangegaan vir die uitsaai van die programme, berig Die Burger. Hulle sal in dié tydperk R100 miljoen betaal word vir die gebruik van die programme op DStv.

pumpkin patch

Na watter program sal jy graag weer wil kyk?