Het jy gehoor?

Nóg ‘n SARIE-leserstoer na Frankryk! – nuwe datums

Die twee leserstoere saam met SARIE-rubriekskrywer Marita van der Vyver na die Franse platteland was so suksesvol dat ons besluit het om dit weer te doen! Die volgende toer is van 26 Maart tot 4 April en sal dieselfde wenresep volg.

Die toer bestaan uit twee dae in Parys waar ons saam met Marita deur “haar” Parys stap, lekker inkopies doen en gesellig eet, kuier en kyk. Daarna gaan ons per trein na Aubusson waar ons 5 dae oorbly in die luukse Hôtel Château Sallandrouze en waar Lanie van Reenen ons gasvrou is.

Die dae word gevul met heerlike daguitstappies op die pragtige Franse platteland en saans word verder gekuier oor wonderlike kos en wyn.

Daar is ook genoeg tyd vir luilekker ontspan, lees of niksdoen…

Klik hier vir ‘n voorsmakie!

*Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan Kitty Snyman (kitty@rufaro.co.za) of skakel haar by 021 462 7022.

  • O72gOl qkouzdbksswx, [url=http://uvopvwlnbanw.com/]uvopvwlnbanw[/url], [link=http://zahrvbotwsia.com/]zahrvbotwsia[/link], http://ovyfnswwcaty.com/