Het jy gehoor?

Nuwe Schuster-fliek op pad!

Helena Spring, die vervaardiger van die prent, sê hulle is verheug. “Dit is so lekker om nog ’n prettige Schuster-avontuur na Suid-Afrikaanse gehore te kan bring.” Spring was ook vervaardiger van Mr Bones 1 en 2 sowel as Mama Jack.

Mad Buddies is die produk van 18 maande se kopkrap en saamwerk tussen Leon en regisseur Gray Hofmeyr.

Die fliek sal 22 Junie 2012 begin wys en word in Johannesburg en KwaZulu-Natal geskiet. Leon se ou vriend en kollega, Alfred Ntombela, van O Shucks, I’m Gatvol! en Mama Jack-faam, en Kenneth Nkosi, wat te sien was in White Wedding, het ook rolle in Mad Buddies.

Kenneth Nkosi en Leon Schuster