Lian (regs) en Simeon by Aletté
FOTO: Twitter

Lian (regs) en Simeon by Aletté FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Nuwe swangerskapfoto’s van Aletté PLUS dít doen Heinz in die Kaap

Dis nou nie meer lank voordat Aletté en Heinz Winckler hul derde seun verwelkom nie. Intussen het hulle Kaap toe getrek en nóg mooi gesinsfoto’s laat neem.

Die Kaapse fotograaf Charmain Spangenberg het pragtige foto’s van Heinz, Aletté, Lian (3) en Simeon (1) op die strand in die Kaap geneem. Die gesin het vroeër vanjaar Somerset-Wes toe verhuis.

Aletté blog oor die Wincklers se Kaapse trek

Is jy opgewonde om die paartjie se derde seun, klein Reuben Jacques Winckler, te ontmoet? Hier is solank ’n voorsmaak van die nuutste gesinsfoto’s.

Die Wincklers se vorige fotosessie

Nuwe uitdaging vir Heinz

Vandat die paartjie Kaap toe getrek het, is Heinz ook hard aan die werk aan ’n nuwe uitdaging – die Idols-wenner begin nou ’n maatskappy wat musiek vervaardig, Earth.Song Productions.

Hoe het Heinz tien jaar gelede gelyk?

Heinz en sy nuwe kollega Uys Visser FOTO: Facebook

Heinz en sy nuwe kollega Uys Visser
FOTO: Facebook

Heinz, Sven Blumer, en Uys Visser gaan hul kreatiewe idees saamspan by dié nuwe maatskappy in Franschhoek.