Het jy gehoor?

Waldemar Schultz binnekort as Piet Byleveld op TV

’n Nuwe TV-reeks, met bekende akteurs soos Waldemar Schultz en Lika Berning in die hoofrolle, word tans in Kaapstad geskiet. Dié reeks, Die Byl, sal volgende jaar op kykNET te sien wees.

Die Byl is geskoei op die werk van baasspeurder Piet Byleveld en kykers sal die moordsake herken, omdat dit werklike gebeure weerspieël. Waldemar Schultz (7de Laan) sal die rol van Piet Byleveld vertolk, met Lika Berning wat te sien sal wees as kaptein Lena Maree, ’n forensiese sielkundige en Byleveld se regterhand.

FOTO: Lika Berning

FOTO: Lika Berning

Sy is die profileerder en is aangestel om die moordenaars se profiele saam te stel. “Dis fassinerend en lekker om ’n meer logiese linkerbrein-karakter te speel, iets anders as die gewone romantiese rol,” sê Lika oor haar nuwe rol.

“Dit gaan ’n reeks wees wat die kykers op hul tone gaan hou.”

Ander akteurs wat ook hul verskyning gaan maak, is Tertius Meintjes (Plek van die vleisvreters), Milan Murray (Binneland) Barbara-Marie Venter (Villa Rosa), Marvin-Lee Beukes (Boland moorde) en Eric Nobbs (Een skoenlapper). Volgens Lika sal daar ook ’n hele paar verrassende gasspelers wees, soos Paul du Toit (Binneland), Dorette Potgieter (Egoli) en die sangeres Inge Beckmann. “Kykers sal moet wag en kyk of die gasspelers moordenaars is en of hulle net kom ‘inloer’,” sê Lika.

Eksklusiewe uittreksel uit Piet Byleveld se boek

Milan Murray speel ook in dié reeks (foto: Twitter)

Milan Murray speel ook in dié reeks
(foto: Twitter)

Paul en Waldemar op die stel van Die Byl (foto: Twitter)

Paul en Waldemar op die stel van Die Byl
(foto: Twitter)

Die Byl speel in die Wes-Kaap af en die moorde word op verskeie terreine geskiet, terwyl die speurderskantoor op stel geskiet word. Kykers kan verwag om een maal ’n week oor 13 weke vasgenael voor die kassie te sit, want dié reeks beloof om ’n moet-kyk te wees.