simeon2
Het jy gehoor?

Nuwe album vir Sonja Herholdt se Simeon

Die 27-jarige Simeon is die tweede oudste kind van Sonja Herholdt en haar vorige man, FC Hamman. Pa FC se filmmaatskappy, FC Hamman Films, was betrokke by die verfilming van dié video.

Ousus Claudia Hamman het die grimering en stilering vir dié video gedoen, wat oor twee en ’n half dae in Muldersdrift en Kyalami geskiet is.

Die unieke meubels in die video is die handewerk van Jessé Hamman, Simeon se jongste suster. Sy maak dit van weggooimateriaal!

Simeon Hamman op die stel van sy musiekvideo

Dis nie die eerste keer dat die gesin saam aan ’n projek werk nie. Simeon het saam met Sonja “Ons vlieg saam” op haar album Pêrels gesing. Hy het ook dié lied se musiekvideo geredigeer, wat FC help verfilm het. Claudia het die grimering vir dié video ook gedoen.

Agter die skerms saam met SimeonAgter die skerms saam met SimeonAgter die skerms saam met SimeonAgter die skerms saam met SimeonAgter die skerms saam met SimeonAgter die skerms saam met SimeonAgter die skerms saam met Simeon

Sonja het in ’n onderhoud met SARIE die volgende oor haar kinders te sê gehad:

Claudia, my oudste, is ’n sonnige kind, spontaan. Ek is eerder ’n introvert. Sy is eerlik en konfronteer probleme dadelik. As grimeerkunstenaar het sy op die stel van die TV-reekse Dit wat stom is en Erfsondes gewerk. Sy gaan nou vir ’n jaar in Singapoer as grimeerkunstenaar vir die musiekblyspel Lion King werk.”

Simeon sing. Dis sy passie. Hy is ernstig en baie verantwoordelik, meer van ’n introvert. Hy skryf mooi liedjies, diep songs.”

Jessé is ’n karakter. Sy studeer binnehuise argitektuur. Sy’t ’n moenie-met-my-mors-nie-houding, maar aan die binnekant is sy sag. Jessé het al baie gedigte geskryf. Sy sing beautiful, maar sy wil nie. Sy haat die musiekbedryf.”

“Omdat Timmy (19) gehoorgestremd is, is hy visueel sterk. Hy’s goed in kuns en wil graag eendag animasie-werk doen. Hy was nooit in ’n skool vir dowes nie en is ook onder die tien akademiese top-presteerders in gr. 12. Dan doen hy ook akrobatiese toertjies met radiobeheerde vliegtuie. Hy’t binne drie jaar tot Springbok-vlak gevorder.”

Wat ’n talentvolle gesin!

Klik hier vir Simeon se “Jy lyk goed in my hemp”

  • Helene Smith

    Waar kan ek Sonja se agent in die hande kry?