Het jy gehoor?

NUWE (warmer) lokprent van’Fifty Shades of Grey’

Daar is ’n nuwe lokprent vir die langverwagte filmweergawe van E.L. James se Fifty Shades of Grey – en dié een is baie warmer as die eerste een.

In dié lokprent word baie meer van Christian Grey (Jamie Dornan) en Anastasia (Dakota Johnson) se erotiese verhouding gewys. Die video is gisteraand (Amerikaanse tyd) bekendgestel en is reeds baie keer gekyk.

Wat dink jy? Gaan jy dié fliek gaan kyk?

*Fifty Shades of Grey word vroeg in 2015 op die silwerdoek bekend gestel.

Maande van bespiegeling en kopkrappery het gevolg oor wie die wulpse hoofkarakters gaan vertolk. Charlie Hunnam (van Sons of Anarchy-faam) het aanvanklik die rol van Christian Grey losgeslaan nadat gerugte lank die ronde gedoen het dat Robert Pattinson (Twilight) dié rol sou speel. Maar nadat Charlie skielik uit dié rol onttrek het, moes die vervaardigerspan ’n plaasvervanger kry. Jamie Dornan (Marie Antoinette) is toe as die Christian-karakter aangewys.

FOTO: Entertainment weekly

Melanie Griffith se dogter in Fifty Shades of Grey-fliek

Dakota, die dogter van die Miami Vice– en Nash Bridges-akteur Don Johnson en die aktrise Melanie Griffith, was van die heel begin af die gunsteling-keuse om Anastasia te speel. Die vervaardigers het op Dakota besluit omdat hulle ’n jong, opwindende aktrise wou hê om dié rol te speel.

Die fliek, wat op 1 Augustus 2014 in rolprentteaters sou draai, sal nou eers in Februarie 2015 op die grootskerm wys – net betyds vir Valentynsdag. Universal Pictures, die verspreiders, het nie ’n spesifieke rede vir dié uitstel gegee nie, maar het erken dat Charlie wat onttrek het ’n bydraende faktor was.

Lees ook