Therese Benade 
FOTO: Gloria Cilliers

Therese Benade FOTO: Gloria Cilliers

Het jy gehoor?

Nuwe werk, nuwe huis én nuwe liefde vir Therese Benade

Therese Benade se lewe is propvol verandering – nie net het sy Kaapstad toe getrek en met haar nuwe werk as Kwêla-aanbieder begin nie, daar is ook ’n nuwe liefde …

Maar alles rondom dié verandering het nie noodwendig maklik gekom nie. Sy moes afskeid neem van al die mense met wie sy bande gebou het terwyl sy Astrid in Villa Rosa was, én sy het ’n langafstandverhouding begin …

Therese skets haarself só

“Ek sien iemand,” erken sy. Maar dié man, Izak van der Merwe, woon in Pretoria. “So nou probeer ons maar die langafstandverhouding laat werk,” vertel sy.

Therese en Izak van der Merwe, die nuwe man in haar lewe FOTO: Twitter (@theresebenade)

Therese en Izak van der Merwe, die nuwe man in haar lewe
FOTO: Twitter (@theresebenade)

’n Vriendin het Izak, wat in IT werk, by ’n braai ontmoet en toe seker gemaak hy en Therese loop mekaar raak. “Sy het my gebel en gesê ek móét hierdie ou ontmoet,” onthou die aktrise.

Nóg ’n nuwe verhouding: Leandie du Randt en Bouwer Bosch

Sy vertel dit is uitdagend om ’n langafstandverhouding te laat werk, maar dis beslis ook die moeite werd.

“Gelukkig moet ek so een of twee keer per maand opvlieg Gauteng toe vir werk en hy het ’n kliënt in die Kaap, so hy kom ook omtrent een keer per maand hierheen.”

"Dinge van Johannesburg waaroor ek dol is," het Therese saam met dié foto van haar en Izak getwiet FOTO: Twitter  (@theresebenade)

“Dinge van Johannesburg waaroor ek dol is,” het Therese saam met dié foto van haar en Izak getwiet
FOTO: Twitter (@theresebenade)

Intussen hou haar nuwe werk haar ook aan die gang. Wanneer Therese, wat deesdae aanbieder en inhoudsvervaardiger by kykNET se Kwêla is, nie die dag op kantoor deurbring om idees vir die program se inhoud te bespreek of navorsing te doen nie, reis sy en ’n kameraspan om vier tot agt ure saam met ’n gas deur te bring. Daarna moet die video-materiaal nog tot die finale insetsel omskep word.

Ontbytsake se Seline van der Walt oor haar TV-drome

Agter die skerms by Kwêla FOTO: verskaf

Agter die skerms by Kwêla
FOTO: verskaf

Maar hieroor kla sy nie. “Dis vir my ’n heerlike uitdaging en ek leer so baie in die nuwe werk,” vertel sy. Boonop ontmoet sy gereeld interessante, nuwe mense – haar gunsteling-aspek van die nuwe werk.

Die span aanbieders wat Kwêla saam met Coenie de Villiers (tweede van regs) aanbied is (van links) André Weideman, Therese en Johnny Davids FOTO: Facebook

Die span aanbieders wat Kwêla saam met Coenie de Villiers (tweede van regs) aanbied is (van links) André Weideman, Therese en Johnny Davids
FOTO: Facebook

En dis nie al nie … hoewel dit nog vroeg is, is Therese genader om later vanjaar ook in ’n nuwe rolprent te speel. “Ek is baie opgewonde! Dit sal amazing wees om weer ’n kort rol te kan speel,” vertel sy.

Sy geniet dit baie om in die Kaap te woon, aangesien haar broer en haar suster albei met hul gesinne hier bly. “Dis die eerste keer dat ons weer in dieselfde plek bly. Dis heerlik,” vertel sy.

“Dis natuurlik ook vreeslik mooi, selfs die pad werk toe is mooi!”

Jena Dover maak óók planne om Kaap toe te trek – lees waarom

Therese by haar honde FOTO: verskaf

Therese by Guf, Timmy en Pete – haar oulike honde
FOTO: verskaf

Die TV-aanbieder, sangeres en nou ook inhoudvervaardiger het die afgelope week ook in haar eie blyplek, een wat sy in Kleinbos huur, ingetrek. Sy deel dit met haar drie honde – Guf, Timmy en Pete.

“Dis vir my baie lekker om my eie plekkie te hê met al my goed, om by die huis te wees.”