natasha_copy
Het jy gehoor?

Nuwe Wonderbra SA-meisie aangekondig

Sy het strawwe kompetisie gehad, maar aan die einde van die aand het sy modelle soos onder andere Adeline Mocke van Idols-faam uitgestof om dié gesogte “kroon”.

Sy is die tweede brunet naas Elbe van der Merwe wat die gesig van Wonderbra SA is. Ander meisies wat Wonderbra in SA al verteenwoordig het, is Kerry McGregor, Theresa de Klerk en Lieschen Botes, almal blondines.

Ook teenwoodig by die glansaand, was SARIE se styl- en sosiale redakteur Fanie Cronjé. Hy vertel: “Daar was groot ysblokke uitgekerf in die W van Wonderbra, en alles was baie stylvol.”

Deelnemers kon aanlyn inskryf en daarna was daar ‘n regstreekse keuringsproses waar openbare reaksie ‘n groot rol gespeel het. Daarna is die besluit aan die beoordelaars oorgegee. Bekendes soos Amor Vittone, 94.5 Kfm se Ryan O’Connor, Peter G van East Coast Radio en die fotograwe Brett Florence en Siphiwe Mpye was die beoordelaars. 

Natasha wen onder meer ‘n jaar lange modelkontrak met Wonderbra,  Antler Duolite-reistasse, ‘n paar Rene Caovilla-skoene ter waarde van tot R12 000, en skoonheids- en haarprodukte. En soos Gareth Cliff opgemerk het: “Daar gaan meer kameras op Natasha wees in die volgende jaar as wat daar in gewone mens se hele lewe op hulle flits.”

En so gepraat van mooi meisies, die tydskrif Playboy het ook pas sy Suid-Afrikaanse weergawe her-vrygestel en bekend gemaak dat Tracy McGregor op die eerste voorblad sal verksyn. Tracy is in 2008 as FHM se sexyste vrou in SA aangewys.

Playboy sal van vandag af landwyd te koop wees.

Kyk ’n video van die finaliste.


 

  • Dee

    Pragtig, sy het dit net – die ander glad nie!

  • tertia botha

    pragtige meisie .onopgesmuk,natuurlik en sprankelend. geluk

  • Desirée Posthumus

    Dink dis die eerste Wonderbra – SA meisie wat ‘n tydlose skoonheid verteenwoordig! Beeldskoon!! Ons is trots op jou!!

  • Charmain Kleynhans

    Charmain Kleynhans
    Pragtige meisie hety geweet sy gaan wen

  • Charmain Kleynhans

    Of jy het dit of jy het dit nie sy is ‘n ster en sal dit nog ver bring is baie trots op haar

  • barbara

    sy is pragtig

  • npiwzyi

    4dq5Cx ctkffisuaylk, [url=http://ghxcezswffpa.com/]ghxcezswffpa[/url], [link=http://wbjdqrsxldki.com/]wbjdqrsxldki[/link], http://eayckooxmsyc.com/