FOTO Phyllis Green

Het jy gehoor?

Nuwejaarsvoorneme – dít is ons bekendes s’n

Nuwejaarsvoorneme word gemaak om gebreek te word, nie waar nie? Maar dit is steeds ’n goeie tyd van die jaar om effens terug te dink oor die jaar en met hoop en inspirasie na die toekoms te kyk.

Dít is ons bekendes se voornemens vir 2014

Sanger Elvis Blue (hooffoto)

“Daar is ’n paar dinge wat ek graag in 2014 sal wil doen. Een van hulle is om te leer Zulu praat. Dít is nou al ’n geruime tyd op my lysie.”

Elma Postma, Bea in Binneland

“Ek volg nooit Nuwejaarsvoorneme nie – daarom gaan ek hierdie jaar net probeer om positief te wees, en elke uitdaging of teleurstelling  aan te pak met alles in my. En ook om élke dag dankbaar te wees vir alles wat ek het.”

FOTO: Clinton Lubbe

FOTO: Clinton Lubbe

 

nianell_smile2Sangeres Nianell

“Ek weet ek moet die verandering wees wat ek in die wêreld wil sien. Ek moet die liefde wees wat ek wil ontvang en die wonderwerk wees wat ek wil ervaar. Daarom is my nuwejaarsvoorneme om daarop te fokus om myself onvoorwaardelik lief te hê en te aanvaar en myself toe te laat om te skyn, sodat dit kan oorvloei na almal rondom my.”

 

 

Angelique Gerber

(voormalige 7de Laan-aktrise, televisie-aanbieder en mode-ontwerper)

“Om myself te wees en om die Koninkryk van die Here eerste te stel. Ek wil ook in Hom alles vind wat ek soek, en nie dit in die wêreld najaag nie.”

FOTO: Clinton Lubbe

FOTO: Clinton Lubbe

Aktrise Zetske van Pletzen

Ek maak nie Nuwejaarsvoorneme nie, want die voorneme wat ek al in die verlede gemaak het, het nie gehou nie. En ek hou nie daarvan om te misluk nie!

zetske1

Zetske en haar man, Altus

Nadia Valvekens, Pippa van Binneland

“Ek maak nie regtig Nuwejaarsvoorneme nie, maar ek glo daarin om jouself elke nuwe jaar uit te daag om geluk te vind in alles wat jy aanpak.”

FOTO: Aubrey Jonsson

FOTO: Micky Hoyle

Vicky Davis

(voormalige 7de Laan-aktrise, televisie-aanbieder en -vervaardiger)

Ek wil minder hooi op my vurk laai en meer aktief wees – ek wil meer joga doen en aksie-netbal speel.

 

 

Joyce Kuter – SARIE.com se borskankerblogger

My nuwejaarsvoorneme vir 2014 is om die perfekte balans tussen my familie, my God en my werk te kry. Ek sien elkeen van hierdie as ’n bal – 3 balle wat gelyktydig in die lug gehou moet word sonder dat een val!! Hierdie is my uitdaging aan myself vir 2014…

SARIE.com-blogger Joyce Kuter (FOTO: Anli Wahl)

SARIE.com-blogger Joyce Kuter (FOTO: Anli Wahl)