FOTO Instagram / @barackobama

FOTO Instagram / @barackobama

Het jy gehoor?

Obama lees Trump se twiet

Dis byna tyd vir die Amerikaanse president, Barack Obama, en sy vrou, Michelle, om die Withuis te verlaat. Terwyl sommige Amerikaners begin stem vir #SpanClinton of #SpanTrump, het Obama vir oulaas op Jimmy Kimmel Live! verskyn om gemene twiets te lees.

Op die gewilde insetsel moet bekendes gemene twiets wat aan hul gerig is, hardop lees. Obama het al voorheen aan dié insetsel deelgeneem. Dié keer het hy afgesluit met ’n twiet deur niemand anders nie as Donald Trump.

Screen Shot 2016-10-26 at 4.15.45 PM

SKERMGREEP YouTube

Die twiet het die volgende gesê: “President Obama sal heel moontlik die slegste president in die geskiedenis van die VSA wees.”

En Obama se reaksie: “Wel, ten minste sal ek afgaan as ’n president.”

Hier lees Obama twiets:

Lees nou

EKSKLUSIEF: Lika Berning swanger

50 babaname wat verbied is

Kate Beckinsale skei ná 12 jaar