Die Obama-gesin met Barack se inhuldiging as president. FOTO: Twitter

Die Obama-gesin met Barack se inhuldiging as president. FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Obama se dogter dra koffie aan

Die Amerikaanse president, Barack Obama, se oudste dogter, Malia, is nou besig met ’n internskap op die stel van die gewilde televisiereeks Girls, waarin Lena Dunham te sien is, berig Hello!

Die sewentienjarige Malia Obama is in Brooklyn gewaar waar sy koffie vir die akteurs en tegniese span aangedra het.

’n Bron het aan Hello! vertel dat Malia ’n groot aanhanger van Lena is en dat hulle twee goed oor die weg kom.

Dit lyk asof Malia baie belangstel in die filmbedryf. Verlede jaar het sy as produksie-assistent gewerk op die stel van Extant’n reeks waarin Halle Berry te sien is.

Volgens Hello! oorweeg Malia dit om volgende jaar nadat sy haar skoolloopbaan voltooi het, by New York Universiteit, Columbia Universiteit, Stanford Universiteit of die Universiteit van Kalifornië te studeer.

Tog begin dit volgens Hello! al hoe meer lyk asof ’n beroep in die vermaaklikheidsbedryf vir haar baie aanloklik is.

Bron: Hello!

Lees nou