sr0710skinknklink_a_p
Het jy gehoor?

Oeps! Annie Malan groet Prins Harry op die naam

Annie Malan (links op die foto, regs is haar suster Petronel) is ‘n borrelende, energieke, spontane sakevrou. Dié bemarkings- en promosie entrepreneur is beslis iemand om mee rekening te hou.

Veral as dit by protokol kom …

Om die waarheid te sê, beken sy, sy het haar naam met ‘n plank geslaan toe sy laasweek aan die twee aanvallige jong Britse prinse, William en Harry, voorgestel is.

Sy is genooi na ‘n funksie van die Britse Hoë Kommissaris in Johannesburg om die bloubloedmanne te gaan ontmoet.

“Voor die tyd  is ons goed ingelig oor die protokol. Ons moes die prinse as ‘Your Royal Highness’ aanspreek, maar toe ek voor Harry en William staan, het dit skoon uit my kop gevlieg!”

“Hallo Harry, I am Annie Malan! How are you?”

Die rooikop prins was eie aan sy reputasie as ‘n man met beide voete op die grond nie eens ontsenu nie. Hy het haar vertel hy voel ‘n bietjie “shaky” na die Engelse sokkerspan se vertonings by die Wêreldbeker. (Hulle het gelykop met 0-0 teen Algerië gespeel en met 4-1 teen Duitsland verloor).

Eish! Sy kon sien Harry voel nie lekker oor die besigheid nie.

“Ek het hom gekomplimenteer oor die welwillendheidsbesoeke aan veral minderbevoorregte kinders wat hy en sy broer met hul besoek aan Suid-Afrika gedoen het.” (Harry is al vier jaar betrokke by die Sentebale kinderhuis vir Vigswesies in Lesotho en het sy broer gaan wys wat daar gedoen word.)

“You know Annie, we both just have two arms, but we lift what we can.”

“Hy het my naam onthou! Dit sê baie van sy persoonlikheid.”

Prins William, sê sy, het dieselfde charismatiese teenwoordigheid as waarvoor sy ma, prinses Diana, so bekend was.

“Oe, en hy is ‘n mooi man!” sug sy.

Maar die man wat onlangs werklik haar voete onder haar uitgeslaan het met sy handdruk, charisma en insig, is oudpres Bill Clinton.

Sy het hom by Fortune, TIME, en CNN se globale forum in Kaapstad ontmoet.

“Hy het Suid-Afrika geprys vir die baie kultuur wat ons het en gesê ons moet dit tot ons voordeel gebruik.”

Annie was ook deel was van die groep van 216 Suid-Afrikaanse sakelui wat pres Zuma in Maart op ‘n sakebesoek na Brittanje vergesel het om oor beleggingsmoontlikhede in die land met beleggers daar te praat.

Sy sê die uitruil van besigheidskaartjies is deel van die protokol by sulke formele politiese- en sakegeleenthede, maar wat haar deesdae opval, is dat almal se besigheidskaartjies deesdae aan die teenkant ‘n Chinese vertaling het van die kontakbesonderhede.

“’n Paar jaar gelede was die teenkante in Frans vertaal. Dit wil voorkom of al meer sakelui en politici van die impak van China bewus raak.”

As suksesvolle sakevrou is Annie dus deeglik ingelig oor die nuutste tendense by hoogs formele geleenthede …

Dalk het sy met haar “Hallo Harry!” die stywelip Britte ‘n nuwe les in protokol in Suid-Afrika geleer.

Hier doen ons dinge meer spontaan. Veral as jou naam Annie Malan is.

 

 

 

  • Christelle de Lange

    Prinse en presidente is maar almal mense, en eendag as ons voor God staan gaan Hy ons nie aanspreek as "your royal highness" nie. Dan is almal gelyk.

  • Joan Westraadt

    My pa het jare gelede toe hy nog geleef het vir ons baie waarhede geleer, een daarvan is groet die boemelaar op jou pad, vriendelikheid kos jou niks jy hoef nie familier te wees nie. Almal van ons is voor die Here gelyk, die dag wanneer jy dood is word jy op dieselfde diepte as ander begrawe en vreet dieselfde wurms ons op.

  • http://tehyccwwwavl.com/ nzamvtzxvb

    iwvuo1 cnfwzehsucpb, [url=http://cchapowugedl.com/]cchapowugedl[/url], [link=http://drjuiwenflou.com/]drjuiwenflou[/link], http://ulpzfafpfoal.com/

  • xisepyidq

    UUiSOQ dumhyenlzbjm, [url=http://ljtydvqnfysc.com/]ljtydvqnfysc[/url], [link=http://vjaabeyuckgn.com/]vjaabeyuckgn[/link], http://xhvjgjuokaxu.com/

  • iujddpyog

    MqzjMz roxshrkmrgla, [url=http://nlrdmlarrcjx.com/]nlrdmlarrcjx[/url], [link=http://vwjmguqfpcbo.com/]vwjmguqfpcbo[/link], http://eaogttscajyn.com/