freshlyground_5
Het jy gehoor?

Amptelike Wêreldbeker-rugbyliedjie bekendgestel

Die opwinding is oral! Op die radio, op Facebook, Twitter en ander media.

En om die gees te vang is die amptelike rugbyliedjie pas bekendgestel uit die monde van Freshlyground en Goldfish – ‘n liedjie met lekker woema.

Let’s do it again is deel van SARU (Suid-Afrikaanse rugbyunie) se veldtog, Unite 2011, om die hele land agter die Bokke te kry.

Daardie sokkergees van verlede jaar is weer besig om oor die land te spoel, want as dit kom by rugby, is al wat Suid-Afrikaner is reg vir aksie.

Freshlyground het ook verlede jaar met die Wêreldbeker-sokker gesorg vir die amptelike lied, Waka Waka, wat hulle saam met Shakira gesing het.

Teen Julie sal jy die liedjie kan koop.