olimpiese spele duif vrede peace
#SARIEsport

Olimpiese Spele bring vrede #OlympicPeace

Dis nog 3 dae voor die Olimpiese Spele afskop en die opwinding wêreldwyd is groot. Maar buiten die sportvernuf van die atlete, het sport ook die krag om mense bymekaar te bring.

Sport bou vriendskap en respek oor landsgrense heen. En volgens die organiseerders van die Olimpiese Spele kan dít ook vrede bou. As jy nog twyfel, kyk net die video hieronder:

Die Olimpiese Beweging wil alle mense bymekaarbring en brûe tussen kulture bou. By die Olimpiese Spele is almal gelyk, ongeag hul ras, geslag of geloof.

Ons het self tydens die 1995 Wêreldrugbybeker gesien hoe sport mense kan verenig. Nou kan jy jou ondersteuning vir die Olimpiese Beweging wys deur jou eie vredesduif te maak en dit te deel met #OlympicPeace.

Hier is SARIE se duif:

dove

Hou SARIE.com dop vir al die hoogtepunte van die Olimpiese Spele!

Lees nou

Chad le Clos en Michael Phelps: Grootste hartseer vs grootse vreugde