1540565_10203303174594124_5052006970549292649_o
Het jy gehoor?

Ollie Viljoen in sy slaap oorlede

SA musieklegende Ollie Viljoen is gister 31 Augustus in die vroeë-oggendure in sy slaap oorlede. Só berig Die Burger.

Hy het hartversaking gehad, en hoewel hy vroeër in Augustus uit die hospitaal ontslaan is, is hy verlede week weer in ‘n Kaapse hospitaal opgeneem. Hy moes sy optrede by Oppikoppi vanjaar weens sy siekte kanselleer.

Sy boek, Kitare en ander Snare – Ollie Viljoen vertel (Hemel & See Boeke, R150) is in April vanjaar by KKNK bekendgestel. Die boek bevat ’n versameling stories, staaltjies en sowat 20 gedigte.

In die voorwoord van sy boek word hy as veelsydige musikant en vermaaklikheidster beskryf: “Sonder twyfel een van die grootste stimuleerders van die storievertel- en boeremusiek­tradisie in Afrikaans.”

Oor ’n tydperk van dertig jaar was Ollie regisseur van gewilde TV-programme soos Kom kuier saamSpies en PlessieMaak ’n lasKyk-innie-pot en die Boereorkes-kompetisie. Boonop is Ollie ‘n radiopersoonlikheid, geliefd vir sy Boeremusiekprogram op RSG.

Bekendes bring hulde:

PETER MITCHELL

as ek eendag 
in die hemel kom
HERE 
ek vra needrig 
gee my nie
‘n harp of lier 
seblief 
gee my net 
‘n trekklavier – Ollie Viljoen 

Mr Ollie, jy was lief vir baie en ons was lief vir jou. Xx groetnis. Vir oulaas.

Amanda Strydom

“Ek kan dit steeds nie glo nie. Daar word nou erg in ons bos gekap.”

1902894_10152294881671121_427613421749667879_n

Wicus van der Merwe

Bye Oom Ollie.

Groete vir Pa en Tannie Estelle.

Dankie vir als. 

1540565_10203303174594124_5052006970549292649_o

Nóg FOTO’S (Bron: Facebook)
10549286_10152727469216155_7554201938373818337_o

1505021_10152267248035474_4761059574884616204_n

Ollie by die Blues & Susters

10644571_10154538242390416_6870398681064025594_o

Ollie VIljoen en Manie Bodenstein