FOTO: Alice Swan

FOTO: Alice Swan

Het jy gehoor?

Só ondersteun Jean de Villiers se vrou, Marlie, hom

Springbok-kaptein en senter, wat al in twee Wêreldbeker-rugbytoernooie gespeel het is weer vanjaar saam om die Bokke op die veld te lei.

Ons het in die September-uitgawe met sy vrou, Marlie, gesels oor die Wêreldbeker-rugbytoernooi en hoe sy hom ondersteun. Teen druktyd was die Springbokspan nog nie gekies nie.

“As Jean beseer is, hou hy nie daarvan dat jy heeltyd daaroor praat nie. Maar hy’s mal oor ons drie kinders, Layli (3 ½), Lana (2) en Luca (9 maande), en hulle beur hom altyd op.

Ek haat dit as hy seerkry in rugby en bekommer my dood of hy oukei is. Jy voel soms so hulpeloos en wens jy kon meer doen. Maar dit is alles deel van die spel en jy moet aangaan met die lewe. Gelukkig is Jean altyd goed voorbereid en baie positief.

Soms vat ek hom goed vas – ek kan nogal ‘kwaai’ wees omdat ek bekommerd is dat hy homself sal beseer. Of jy wil of nie, as jy ’n rugbyvrou is, is jy maar altyd deel van die spanning. Tydsberekening is belangrik. Jy moet leer wanneer om jou man moed in te praat en wanneer om te swyg. Gelukkig bring jou kinders jou aarde toe.

As Jean die kans kry om Wêreldbeker toe te gaan, sal ons dit beslis nie misloop nie. Hy doen alles in sy vermoë om reg te wees vir die toernooi, en is besig van die oggend tot die aand. Ons sien hom maar min, maar dis sy laaste kans en ons staan 100% agter hom.”

Die September-uitgawe is ongelukkig nie meer op die rak nie. Laai die volledige artikel HIER af.

Lees ook