Screen Shot 2015-07-20 at 10.00.51 AM
Het jy gehoor?

Ondersteun jy die Springbokke met jou hele hart?

SuperSport het die afgelope naweek dié advertensie bekend gestel om rugby-ondersteuners entoesiasties te maak vir die Wêreldbeker-toernooi later vanjaar.

Al het die Springbokke nie Saterdag se wedstryd teen die Aussies gewen nie, staan ons steeds bankvas agter hulle.

In die video kan oud-rugbylegendes, bekende sportaanbieders, skeidsregters en ander SA bekendes soos Rolene Strauss, prinses Charlene van Monaco, PJ Powers en Ryk Neethling gesien word.

Kyk die advertensie hieronder. Jy sal die hoendervel nie kan keer nie!

Lees ook