Sorina in die ateljee as die Flooze
FOTO: Twitter

Sorina in die ateljee as die Flooze FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Ondersteun Tekkie Tax nes Jack Parow en die Flooze

Jack Parow en Sorina Erasmus, oftewel die Flooze, is slegs twee van vele plaaslike bekendes wat Vrydag, 29 Mei, Nasionale Tekkie Tax-Dag ondersteun. 1500 nie-winsgewende organisasies in Suid-Afrika baat by dié veldtog. 

Jy kan Tekkie Tax ondersteun deur ’n plakker (R10) of Tekkie Tax-veters (R30) by jou plaaslike Reggie’s of Toys R Us te koop. Indien jy geld wil skenk kan jy “A, B, C, D of E” na 44400 SMS en sodoende R20 gee.

Tekkie Tax

Daar is vyf verskillende plakkers wat elkeen ’n ander onderwerp verteenwoordig. Dit sluit in diere (A vir Animals), basiese familie sorg (B vir Basic Family Care), kinders (C vir Children), gestremdhede (D vir Disability) en opvoeding (E vir Education). Waar lê jou hart? Dié keer kan jou hart gerus op meer as een plek lê!

Nasionale Tekkie Tax-Dag het reeds R7.2 miljoen ingesamel, wat dit een van ons land se suksesvolste fondsinsamelingveldtogte maak.

Dié Vrydag dra ons tekkies!

Vir meer inligting lees HIER.

Lees nou