FOTO: Instagram  onedirection

FOTO: Instagram onedirection

Het jy gehoor?

One Direction-lid gaan pa word!

Louis Tomlinson (23), een van die lede van die gewilde sanggroep One Direction, word pa! 

The Sun berig dat dié tiener-ikoon se meisie, Briana Jungwirth (23), swanger is met sy baba. Louis het die nuus op Twitter bevestig:

Louis en Briana is vir die eerste keer in Mei vanjaar saam gesien. ’n Vriend van die twee het vir People.com gesê Louis is opgewonde om pa te word. “Dit was baie onverwags, maar hy en Briana is goeie vriende en dit (die swangerskap) bring hulle nader aan mekaar,” het die vriend gesê. Louis is ook reeds op die uitkyk vir eiendom in Los Angeles. 

Die vriend het ook verklap dat Louis ’n betrokke pa wil wees. Hy het van byna reg om die wêreld gevlieg om vir Briana by te staan tydens die eerste sonar-ondersoek. 

Louis het in Maart vanjaar sy verhouding met Eleanor Calder verbreek. Hulle was vier jaar lank ’n paartjie. 

Duisende aanhangers het hulle tot Twitter gewend om hul ontsteltenis te deel. 

Lees nou