Screen Shot 2015-07-27 at 2.29.36 PM
Het jy gehoor?

Ongelooflike voor- en na-foto’s ná vrou 86kg verloor

Die Australiese Simone Anderson het binne ’n jaar 189 pond, of sowat 86kg, verloor. Sy het ’n gesonde dieet, oefenprogram en chirurgie gebruik om dié hoeveelheid gewig af te skud, berig HelloGiggles.

Tydens die maande wat sy die dieet gevolg het, het duisende aanhangers haar op sosiale media begin volg. Hulle het haar getrou ondersteun tot sy verlede week ’n foto van haarself met ’n foto van ’n jaar gelede vergelyk het.

Screen-Shot-2015-07-26-at-3.25.48-PM

Die verskil is regtig ongelooflik, en sommige mense het gedink die verskil is net té groot. “Dit kan nie dieselfde mens wees nie,” was talle mense se reaksie. Hulle het haar daarvan beskuldig dat sy oneerlik is. Dié skeptiese aanlyngebruikers wou weet waarom sy nie los velle het nie.

Screen-Shot-2015-07-26-at-3.32.39-PM

Simone het hulle op hulle plek gesit deur nóg ’n foto te plaas. In hierdie foto het sy dieselfde spanbroek aan as in die eerste ‘ná-foto’, maar dit is nie so hoog opgetrek nie en die los velle om haar maag is duidelik sigbaar.

“Ek was tydens my dieet-reis nog net eerlik. Dit maak seer dat julle my as ’n leuenaar beskuldig.”

Sy is beslis ’n voorbeeld vir almal!

Lees nou