sarie_002730
Het jy gehoor?

Volroom-suiwelprodukte is jou vriend!

Vroue wat minstens een porsie volroom-suiwel (goed soos kaas, roomys en melk) per dag eet, sit minder gewig aan as dié wat dit nie doen nie, wys ‘n studie in die American Journal of Clinical Nutrition. Navorsers spekuleer dat ‘n bestanddeel in melk gewigsverlies aanhelp.

Maar volroom-suiwel bevat heelwat van die minder gesonde versadigde vet, so hou by 2 porsies per dag.