candicecoverswim
Het jy gehoor?

Nóg ‘n gesogte voorblad vir ons Candice!

’n Beskeie Candice het aan People gesê sy voel geëerd om die voorbladmeisie te wees. “Dit is ’n ikoniese katalogus. Voordat ek ’n model was, was legendariese modelle soos Gisele Bünchen en Tyra Banks op die voorblad. Dit is wonderlik dat ’n klein Suid-Afrikaanse meisie ook die kans kry.”

Die fotosessies vir dié modieuse swemklere is op die strande van Miami en op eilande in die Atlantiese Oseaan geneem. Al die swemklere in dié katalogus kan in Victoria Secret se winkels en aanlyn gekoop word.     

Sy’t glad nie ekstra druk gevoel omdat sy die voorbladgesig was nie. “Victoria Secret is soos ’n groot familie. Die fotosessies vir die swemklere is altyd pret, veral omdat ek lief is vir die strand. Ek kan nie regtig kla oor my werk nie – ek is baie gelukkig!”