APRil 2015 Brumhilda van Rensburg Nataniel apr
Het jy gehoor?

Ons eerste Inspirasie-wenners: Hulle inspireer ons!

Hulle is die gesigte op ons gunsteling-voorblaaie, die stername op die verhoog, die silwerskerm en die rooi tapyt. Bekendes wat ons laat lag en huil, saampraat en saamsing en sorg vir oomblikke van verwondering. Met wie ons connect, ’n emosionele verbintenis maak. Hulle is dié met die X-faktor – daardie misterieuse eienskap waar net iets, of net mooi alles, wérk. Kortom, hierdie is die mense wat ons wil ken en om eerlik te wees, by tye ook wil wees. Met al die glans wat daarmee saamgaan: die lyf, die rok, die hare en daai rooi lippe!

Op eie bodem kom die rooitapyt-opwinding nou eers op dreef, met die een glansgeleentheid op ’n ander, met al ons eie spesiale sterre … die kykNET Fiëstas, Ghoemas en SAFTA’s in Maart, die SAMA’s in April en later vanjaar die kykNET Silwerskermfees. SARIE word geïnspireer deur Suid-Afrika se spesiale sterre. Met baie is ons “reis” al lank en kleurryk, met ander bou ons nuwe en opwindende verhoudings.

brumhilda van rensburgReeds in Desember het ons besluit om ons eie “Oscars” te hou. Saam met SARIE.com-gebruikers het ons gestem om uiteindelik 16 sterre te kies wat ons op die rooi tapyt en andersins inspireer. Uit ’n verskeidenheid kategorieë – van die X-faktor tot Mej. Sosiale Media.

In die April-uitgawe word die 16 Inspirasie-wenners bekend gemaak! Hier is die kategorieë (2 wenners in elke kategorie):

  • Inspirasie
  • X-Faktor
  • Rooitapyt glimlag
  • Rooitapyt lippe
  • Rooitapyt sjarme
  • Rootapyt hare
  • Mnr. Sosiale media en Mej. Sosiale Media
  • Rooitapyt glans

Kyk wie is die wenners in ons April-uitgawe!

 
(FOTO LINKS: Clinton Lubbe) 
APRil 2015 Brumhilda van Rensburg Nataniel apr