Het jy gehoor?

Prinses Charlene se tweeling is gebore

Die prinses van Monaco en voormalige Suid-Afrikaanse Olimpiese swemmer, Charlene Grimaldi (née Wittstock), het gister laatmiddag geboorte geskenk aan ’n tweeling. Dié pienkvoete is Jacques, die toekomste koning van Monaco, en sy prinses-sussie, Gabriella.

Gabriella Thérèse Marie en Jacques Honoré Rainier het gister om 17h00 as koninklike babas die wêreld ingetree, sê Hello tydskrif.

Dis prinses Charlene en haar man, prins Albert Grimaldi, se eerste kinders saam en ook prins Albert se eerste binne-egtelike kinders. Hy het reeds twee kinders, Grace (22) en Alexander (10), uit twee vorige verhoudings.

Gabriella en Jacques is die eerste tweeling in die Grimaldi-familie sedert die 13de eeu, sê die Daily Mail. En hoewel Gabriella twee minute voor haar boetie die lig gesien het, kry Jacques eendag die kroon.