shaleen_as_shirley_rz
Het jy gehoor?

Ons eie Shirley Valentyn se 10 lewenslesse

Hier is die lewenslesse wat Shirley Valentyn met jóú wil deel:

1. As jy jouself saam met jou nooiensvan verloor het, is dit nooit te laat om daardie meisie weer te vind nie.

2. Dis okay om jouself soms eerste te plaas, voor jou man, voor jou kinders.

3. Leef om gelukkig te wees – dis die ongebruikte lewe wat ons agter ons aansleep wat ons ongelukkig maak.

4. Partykeer is jou eie geselskap die beste.

5. Moenie ander mense op hul baadjie trakteer nie – daardie skerpmond-buurvrou hunker dalk na dieselfde goed as jy.

6. Dis nie mans wat vrouens ongelukkig maak nie, hulle droom en hunker ook.

7. As jy met jou kombuismure begin praat, is dit tyd vir verandering.

8. Kinders kan mens se geloof in jouself maklik knou. Moenie dit toelaat nie.

9. As ’n droom waar word, is dit selde soos dit in jou kop was.

10. Moenie sê “Sjoe ek is al 40/50/60″ nie.  Sê liewers “Ek is nou eers 40/50/60 en dis faaabulous!”.

  • Mathilda Bezuidenhout

    sy is SOOO stunning vrou!!

  • Liz Louw

    Shaleen Surtie-Richards praat tot in my hart as sy iets se. Jy kan dan maar gaan sit en dink, sy sou jou ‘raak’ gepraat het.

  • Ilse

    ‘n Ware Vrou!