FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Ons is nou lus vir Gwyneth Paltrow se avo-toast!

Daar is darem net iets aan avokado op ’n roosterbroodjie! En die Oscar-wenner en gesondheidsfanatikus Gwyneth Paltrow weet dit maar alte goed. Haar nuutste en vierde kookboek, It’s All Easy, het ons kantoor nou aan die gons. En dit alles oor ’n resep vir avokado op toast.

Dit klink hemels. Hemels.

FOTO: It's All Easy deur Gwyneth Paltrow

FOTO: It’s All Easy deur Gwyneth Paltrow

Hier’s haar avo-op-roosterbrood-resep

Genoeg vir 1
Bestanddele
1 snytjie van jou gunsteling-brood
2 eetlepels amandelbotter
1/2 tot 1 avokado, in skywe gesny
1 reep spek, in olie gebraai tot krakerig

Aanwysings
Rooster die brood, smeer die amandelbotter op, plaas die avokadoskywe op en pak die spek heel bo-op.

Dit vat glo net 5 minute om dié broodjie te maak.

It_s_All_Easy_Cover.0.0.0

Gwyneth het in 2011 haar eerste twee kookboeke vrygestel, My Father’s Daughter: Delicious, Easy Recipes Celebrating Family & Togetherness en Notes from My Kitchen Table. Haar derde kookboek, It’s All Good: Delicious, Easy Recipes That Will Make You Look Good and Feel Great, het sy in 2013 vrygestel.

Sal jy dit maak?

  • JA
  • NEE

Lees nou