Foto: Gallo Images / Getty Images

Foto: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

“Ons kan nie gelukkiger wees nie” – Prins William

Gisteraand het die wêreld gehoor – dis ‘n prins vir die Britse monargie.

Nadat die media vir weke voor die St Mary’s hospitaal in Londen uitgekamp het, het die nuus gisteroggend gekom: Catherine, die hertogin van Cambridge, is opgeneem. Net ná 20:00 (21:00 Suid-Afrikaanse tyd) het die paleis dit bevestig: Dis ‘n gesonde prinsie van ongeveer 3.8 kg wat om 16:24 (17:24 SA tyd) gebore is. Die nuwe ouerpaar het die 4 ure vóór die aankondiging gebruik om “private tyd” met hul pienkvoet te hê.

coronation_300w

Foto: Gallo Images / Getty Images

Die nuwe pa, Prins William het gisteraand gesê hulle kan nie gelukkiger wees nie.

Prins Charles het in ‘n verklaring gesê hy en sy vrou, Camilla die hertogin van Cornwall, is baie opgewonde oor hul eerste kleinkind.

Dit is ‘n baie spesiale oomblik vir William en Catherine en ons is saam met hulle bly oor die geboorte van die babaseun. Om ‘n grootouer te word, is ‘n unieke tyd in enige iemand se lewe, soos wat baie mense my al vertel het, so ek is geweldig trots en bly om vir die eerste keer ‘n oupa te word. Ons sien baie uit om die baba binnekort te ontmoet.

Die dokter wat die baba gevang het, dr. Marcus Setchell, het toe hy die hospitaal verlaat het, gesê dit is “‘n wonderlike baba, ‘n pragtige baba”.

Ma, Pa en die nuwe prinsie het die nag in die hospitaal deurgebring. Die baba se naam is nog nie bekendgemaak nie. Die ouerpaar kan self kies wanneer hulle dít wil bekendmaak en kan moontlik tot die doop wag daarvoor.

Daar word verwag dat Kate en William vir die media geleentheid sal gee om foto’s van hulle te neem wanneer hulle die hospitaal verlaat, soos wat Charles en Diana met beide hul seuns gedoen het.

KLIEK HIER VIR DIE VIDEO TOE CHARLES EN DIANA IN 1982 MET WILLIAM UIT DIE HOSPITAAL STAP.

screen_shot_2013_07_23_at_8.23.10_am_630w

Foto: Instagram

 

FOTO: Dit word amptelik by Buckingham-paleis op die goue esel bekendgemaak – dis ‘n seun van 8 pond 6 ons. Dié verklaring is deur die dokters onderteken. Dít is dieselfde esel wat gebruik is vir William se geboorte-aankondiging.