FOTO Willem Lourens

FOTO Willem Lourens

Het jy gehoor?

Ons loer in by Desiré Gardner

Dis ’n prentjie wat nie heeltemal pas by die rebelse Carmen in die kykNET-sepie Suidooster nie. Maar vir Desiré Gardner, haar alter ego? Perfek.

Robin, haar poplap in pienk in haar arms, en die vierjarige James wat skamerig vir die kamera glimlag.

Desire Gardiner

FOTO Verskaf

“Sy’s soet, soos enige baba op vier maande maar,” vertel Desiré.

“Toe James haar ouderdom was, het ek gedink: ‘Nou wat is so moeilik aan ’n baba hê? Tot hy mensie begin word het … Ek probeer nog maar my en haar roetine regkry. En James s’n ook. Dis ’n groot uitdaging om albei die aandag te gee wat albei voel hulle toekom.”

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Maar James is doodverlief op sy sussie.

“Ek moet keer of hy soen haar op! Hy sal troos: Toemaar Robin, Boeta is hierso. Klaar beskermend teenoor haar. Sy gaan hom vir seker nog baie irriteer! Wag tot sy sy speelgoed begin vat …”

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

- Daar is nog geen vasgestelde datum vir Carmen se terugkeer na Suidooster nie.

Lees nou

Jou hare tydens swangerskap

Celebs se vreemde fobies

Die wêreld se oë is op Caster!